Palm Tree Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Palm Tree Lodge is in die noordelike deel van die St Lucia Vleilande geleë en grens aan die parkgordel van Maputuland se kuslyn. Alhoewel daar geen privaatoorde toegelaat word in die Nasionale Parke nie, is hierdie bekoorlike vakansiebestemming netjies weggesteek naby die hoofhek van die streeksparkeraad wat dit spotmaklik maak om die nodige permitte te kry. Só kan gaste van die basiskamp af hul bote op die meer en in die see by die Ponto Du Oure (bekend as die "Ponta") lanseer.

By dié Lodge ervaar jy gasvryheid, en al het vorige gaste ons al as vriendelik en gasvry beskryf is alles steeds eersteklas. Die Boma is in die middel van die lodge geleë om 'n lekker gesellige atmosfeer te skep waarin gaste kan ontspan en kuier.

Weg van al die geraas van jou TV, rekenaarspeletjies, die kinders se 'PlayStation' en lawaaierige radio's, motors en lastige alarms, sal The Palm Tree Lodge jou wegvat van die alledaagse spanning en geraas. So maak jy weer kontak met die natuur! Raak aan die slaap met die palmbome wat in die wind waai en verwonder jou aan die prag van die plante en struike regoor die perseel. Dit is die perfekte plek om net te ontspan en herlaai.

Daar is 11 selfsorg-chalets en hulle het almal volledig toegeruste kombuise en en suite-badkamers. Die chalets is volledig geteël en het elkeen granietblaaie in die kombuise, 'n buitebraai-area en 'n veranda.

Die lodge bied 8 kampplekke wat almal elektrisiteit het. Dié kampplekke het 'n braai-area, gemeenskaplike ablusieblokke met storte en groot wasbakke vir skottelgoed of klere was.

Dan is daar nog 8 kampplekke, almal met elektrisiteit, wat privaat badkamers en 'n enkelwasbak vir skottelgoed en water het. Daar is ook 'n braai en 'n pragtige grasperk.

Ons beveel die gebruik van 4x4-voertuie op ons paaie aan omdat die sand dikwels baie dik in plekke kan lê. Om by die Mouth, Black Rock en ander strande uit te kom, en ook om in Mosambiek rond te ry, kan die beste in 'n 4x4-voertuig gedoen word.

Die Palm Tree Lodge en al die oorde in die area is in 'n malaria-area en alhoewel die gesondheidsdepartement gereeld besproei, beveel bestuur aan dat besoekers alle voorsorgmaatreëls volg in die vorm van tablette en muskietafweerder terwyl hulle die omgewing besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Palm Tree Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za