Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paradise Beach Apartments 4 Elara

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paradise Beach Apartments 4 Elara is op 'n privaat landgoed, 1,5 km vanaf Club Mykonos in Langebaan. Die woonstelle is smaakvol gemeubileer en van die woonstelle bied 'n see-uitsig. Die area is baie rustig en gaste kan wakker word met die geluide van golwe en voëls. Dié ligging is ideaal vir voetslaners en voëlliefhebbers.

Verblyf word gebied in 2 selfsorgwoonstelle, Cormorant en Sand Piper in 1 huis, wat as 'n geheel of apart kan bespreek word. Die woonstelle het 'n kragomsetter wat in die geval van beurtkrag inskop. Cormorant is 'n knus selfsorg-gesinswoonstel vir 6 gaste. Dit het nie 'n see-uitsig nie. Sand Piper is 'n romantiese selfsorg-wittebroodwoonstel met 'n see-uitsig en bied verblyf aan 2 gaste. Daar is ’n Jacuzzi-bad. Elke woonstel het braaigeriewe, 'n leefarea, ten volle toegeruste kombuis, sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Strandhanddoeke is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word vervang en die woonstel word een keer per week skoongemaak. Daar is privaat parkeerplek en 'n toesluit-motorhuis op die perseel beskikbaar.

Gaste kan Club Mykonos, 'n dorpie met 'n Griekse styl. Doendinge sluit slotmasjiene, restaurante, kroeë, bootvaart, seiljag en watersport in. Langebaan is ideaal vir seilplankry en vlieërbranderry. Gaste kan ook die Weskus Nasionale Park besoek wat 28,8 km vanaf Langebaan is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Skuifie-projektor
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir Paradise Beach Apartments 4 Elara
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paradise Beach Apartments 4 Elara het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elarastraat 4, Paradise Beach, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5946d5df088ac3fbbca7727f08d65d778e33ee6576384b9f421cb5f0f4108dc5ac3f10683853f56199718d258812e09d2c85?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 4 Elara Street Paradise Beach 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.03926 18.03976925582