Paradise Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paradise Home is 'n pragtige dubbelverdiepinghuis met 'n lieflike uitsig oor Knysna se strandmeer en op die Knysna Koppe in die verte. Dié selfsorghuis kyk uit oor die groenstrook van inheemse woud.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 en suite-badkamers is. Die boonste verdieping het 'n dubbelmotorhuis met 'n geoutomatiseerde motorhuisdeur, 'n gastetoilet, hoofslaapkamer, ingang na die voorportaal en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer wat toegang bied deur stapeldeure tot 'n onderdakpatio met 'n gasbraai. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, aantrekkamer en 'n koninggrootte-bed. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gaskookblad, mikrogolfoond, oond, yskas en 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die eetkamer bied toegang tot die sitkamer met 'n kaggel.

Die onderste verdieping beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan 1 'n en suite-badkamer is. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed. Dié verdieping het ook 'n ontspanningsarea wat toegang bied deur stapeldeure tot 'n patio, klein swembad en 'n inheemse tuinarea. Die vermaakarea bied toegang tot die tuin deur stapeldeure. Die badkamer het 'n toilet en 'n stort.

Die huis het 'n sentrale skoonmaakstelsel, sentrale tuisteaterstelsel, verhitte handdoekrelings en plafonwaaiers regdeur die huis. Gaste het ook toegang tot sekere DStv-kanale in albei sitkamers, asook optiesevesel-internet en gewapende reaksie. Daar is ook oorgenoeg parkeerplek buite.

Slaapplek

'n Bespreking by Paradise Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paradise Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za