Parc 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Parc 10 bied sakpasverblyf in Vredenburg in 'n stil, sentrale sakegebied, reg oorkant belangrike en gerieflike winkels asook eetplekkies. Ons is ook na aan die munisipaliteit en die privaat en provinsiale hospitale geleë.

Ons bied verblyf in 5 suites, elkeen met 'n privaat, en suite-badkamer, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt is opsioneel teen 'n ekstra koste. Ons kan ook 'n middagetepakkie of aandete as 'n opsionele ekstra voorsien.

Parc 10 bied gereeld soul-musiekkonserte deur plaaslike kunstenaars,

Die Weskus bied 'n wye verskeidenheid doendinge regdeur die jaar, maar veral in die somer.

Ons is slegs sowat 'n uur en 'n half noord van Kaapstad Internasionale Lughawe op die R27. Vredenburg is bekend as die sentrale sakesentrum op die Weskus. Kom en ervaar die Weskus en sy outentieke en hartsmense op dié ongelooflike stukkie kus. Vredenburg is ook die ideale basis om die omliggende kusdorpies te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Parc 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za