Parissa Paradise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Parissa Paradise is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 6 gaste in 'n sekuriteitskompleks in Shaka's Rock.

Dié dubbelverdiepingwoonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n plafonwaaier, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien.

Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler in die sitkamer. Gaste kan hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart bring indien hulle meer DStv-kanale wil hê. Die leefarea lei na 'n patio met 'n uitsig oor die tuin en see. Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae en Sondae.

Die eenheid bied toegang tot 'n privaat tuin en braaigeriewe. 'n Motorafdak en gasteparkeerplek is beskikbaar en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Die area bied lieflike strande met warm water wat perfek is vir branderplankry, lyfplankry, swem, duik en visvang. Ander aktiwiteite in die area sluit Zip-Line, helikoptertoere en mikrovlugte in. Daar is ook verskeie besienswaardighede soos die King Shaka Heritage Route, Ballito Boardwalk, Crocodile Creek, Ballito Leefstylsentrum en verskeie restaurante en winkelsentrums.

Slaapplek

'n Bespreking by Parissa Paradise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Parissa Paradise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 897 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za