Park Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Park Villa is ’n selfsorgdupleks in ’n sekuriteitskompleks in Springs. Die kompleks is ideaal geleë en is sowat 37 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Dié dupleks het 2 verdiepings en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n gastetoilet. Elke kamer het 'n dubbelbed en die badkamers het storte of baddens. Die kombuis is goed toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond, stoof, wasmasjien en ander toebehore.

Die oopplan-leefarea het ’n TV en lei na ’n privaat binnehof met ’n ketelbraai. Daar is ’n toesluitmotorhuis met direkte toegang tot die eenheid en parkeerplek vir 1 motor.

Park Villa is naby die Life Springs Parkland Hospitaal, 1 km vanaf Pollak Park Gholfklub en slegs ’n rit ver vanaf ander doendinge en geriewe in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Park Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Park Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za