Parker Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Parker Cottage is twee Victoriaanse huise (nr. 1 en 3 Carstensstraat), ontwerp deur die bekende Kaapstadse argitek John Parker in 1895. Hulle is nou saamgevoeg tot een.

Parker is 'n bietjie anders as die gewone hotel- of gastehuis-ervaring. Ons probeer om 'n moderne, stedelike wegbreekplek te skep eerder as 'n gewone plek om te slaap. So, al bied ons onbeperkte internet (WiFi en 'n gemeenskaplike rekenaar), het ons nie TV's in ons kamers nie (tensy versoek), ons het ook nie mini-kroeë, geblikte agtergrondmusiek of selfs 'n ontvangstoonbank nie. Parker is die soort plek waar jy die kuns van gesprekvoering, lees en fokus op die belangrike goed in die lewe, kan herontdek. Die huis is baie soos jou huis terwyl jy by ons bly: ons het probeer om die huislike gevoel te behou sodat dit so min as moontlik soos 'n hotel voel. Die kombuis is die hart van die huis, maar ons het ook 'n heerlike sonnige veranda, twee tuine, twee sitkamers en 'n private eetkamer vir jou gebruik.

Parker is 'n sosiale plek, maar net so sosiaal soos jy wil hê dit moet wees. Jy sal na ons wyn- en bierproe-aande genooi word - wat twee keer per week plaasvind en gratis is. Daar is nie 'n afsnytyd vir ons vyfgang-ontbyt nie: ons begin agt-uur en hou aan tot wanneer jy uit die bed wil klim: ons geniet dit as mense ure rondom ontbyt kuier (maar kan ook vinnige ontbyt voorberei indien nodig!)

En daar is meer: by Parker streef ons daarna om luukse gasvryheid en akkommodasie met 'n aktiewe omgee vir die gemeenskap en omgewing te kombineer. Ons wil wys dat luukse akkommodasie nie die bronne van die aarde of sy mense hoef te kos nie: teen 2015 mik Parker om onafhanklike waterverwarming, elektrisiteit, water, afval en herwinning van 90% van ons afval in plek te hê.

Ons is passievol oor die mense van hierdie land en is betrokke in verskeie sosiale opheffingsprojeke wat ons persoonlik bestuur of borg.

Ons is minder as agt minute per motor van die V&A Waterfront en minder as vyf minute se stap van die moderne Kloofstraat met sy kafees, kroeë en boetieks. Ons bied gratis en veilige binneparkering op versoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Arabies
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Italiaans
  •  Russies
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Parker Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 820 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za