Paternoster Hotel
- Kapasiteit: 26 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Paternoster Hotel het 'n ryk geskiedenis, tradisie en ouderwetse bekoring. Dié hotel lê aan die Weskus van Suid-Afrika in die pragtige vissersdorpie Paternoster, 145 km noord vanaf Kaapstad. Die hoofstrand en winkels is net 'n paar minute se stap van die hotel af.
Die hotel het 10 kamers met en suite-badkamer, 'n TV met OpenView-kanale en gratis tee- en koffiemaakgeriewe in die kamers. Daar heers 'n ontspanne en vriendelike atmosfeer en 'n tikkie persoonlike aandag word aan gaste gebied.
Die restaurant op die perseel is 7 dae per week vir gaste en dagbesoekers oop. Ontbyt, middagete en aandete word bedien. Pantry Bar is Die Paternoster Hotel se unieke kroeg wat onder andere verskeie plaaslike wyne, mengeldrankies en sterker drank bedien.
Die nuutopgeknapte banketkamer met sy afgewitte mure en denne-afwerkings is die ideale plek vir intieme vieringe. Die rustieke venue is ideaal vir troues, het plek vir tot 100 gaste en het 'n dansvloer.
Die Paternoster Hotel bied konferensie- en spanboudienste. Die Venue-saal het sitplek vir 50 konferensiegangers en is die ideale plek vir informele konferensies of rustige spanbou-aktiwiteite.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Paternoster Hotel het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 26 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom