Paternoster Akkommodasie by Paternoster Pride | LekkeSlaap
+9

Paternoster Pride

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 3, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Paternoster Pride is die perfekte selfsorgverblyf net 100 m van die strand af. Paternoster is 'n stil, rustige dorpie aan die Weskus. Let wel dat dit 'n publieke strand is wat besig kan raak gedurende die vakansie.

Die eenheid is op die boonste verdieping en het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede het 2 enkelbeddens. Die badkamer word gedeel en het 'n bad, stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n yskas, mikrogolfoond, elektriese stoof en koffie- en teemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv-kanale. WiFi is beskikbaar.

Buite het gaste toegang tot 'n stoep met stoepmeubels en braaigeriewe. Parkeerplek van die straat af word voorsien. Die motorhuise in die foto's is nie beskikbaar nie.

Doendinge in Paternoster sluit strandkarritte vanaf Paternoster na St Helenabaai, kajakvaart, perdry op die strand en diepseehengel in. Die Weskus Nasionale Park is sowat 45 km ver en die bokkom-industrie in Velddrif, sowat 35 km ver, word sterk aanbeveel.

Slaapplek

’n Bespreking by Paternoster Pride sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Paternoster Pride
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Mosselbankstraat 3, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paternoster Pride het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 3, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2YWFlMmFiLWZhOTEtNDM4ZS05NWU0LTRmNTUzOTQ1NGFjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 3 Mosselbank Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.80443 17.90025
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za