Paternoster Pride 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paternoster Pride 2 het 'n lieflike, ruim eenheid op die onderste verdieping en is ideaal vir 'n selfsorgwegbreek. Dié eenheid is net 40 m vanaf die strand in Paternoster. Asb. neem kennis dat hierdie 'n publieke strand is en kan besig en raserig word tydens vakansies.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en twee enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea en sitkamer. Die kombuis is ten volle toegerus en sluit ook 'n elektriese plaat en oond in. Die sitkamer het 'n TV met die volledige DStv-pakket. WiFi is nie in die eenheid beskikbaar nie, maar wel in die ontvangskantoor.

Buite het gaste toegang tot die patio met braaigeriewe. 'n Beperkte uitsig vanaf die patio is beskikbaar. Een motorhuis wat kan toesluit en een parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Paternoster is 'n klein vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika geleë en spog met 'n ryk kulturele ervaring wat nêrens ander beleef kan word nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Paternoster Pride 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paternoster Pride 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za