Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Patrys Paradys

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 7 Aug 2024.

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 R585 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Patrys Paradys is aan die voet van die Magaliesberge, in 'n luisterryke, stil tuin geleë. Hier kan jy na voëlsang luister en die berg-uitsig geniet, terwyl jy met jou gunstelingdrankie langs die swembad ontspan.

Selfsorgverblyf word gebied in 'n plaashuis en 2 chalets. Elke eenheid het 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n stoof, oond yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond.

Die plaashuis beskik oor 5 slaapkamers met 3 dubbelbeddens en 6 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers met baddens en storte. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n pooltafel, veerpyltjiebord en 'n skaakstel in die vermaakarea, asook 'n kagge. Die tuin is omhein en daar is 'n geplaveide binnehof met privaat braaigeriewe.

Elke chalet het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Elke chalet het ook 'n oopplan-sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n kaggel en elke chalet het 'n stoep met privaat braaigeriewe en 'n omheinde tuin.

Die perseel het luisterryke tuine en 'n omheinde swembad. Daar is ook sonstoele onder 3 beskutte lapas. Twee kratte vol vuurmaakhout word voorsien vir die kaggel. Ons het al 67 voëlspesies in die tuin getel, met 'n beraamde 120 spesies wat in die omgewing voorkom. Daar is ook staproetes in die bos met asemrowende uitsigte. Die plaas word omring deur 'n 40 km-grondpad wat van Hekpoort na Breedtsnek strek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 39 resensies vir Patrys Paradys
Netheid
4.0/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Roelof Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 46

Jaar gelys 10

Ligging

  • RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
  • Gaste dink Patrys Paradys het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf R650
R650 R585
per nag, vir 2 mense
Vanaf R650
R650 R585
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: RD20, Gedeelte 58, Doornkloof 393 JQ, Maanhaarrand, 0346, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMzMTE1NmZhLWM2MTUtNDFiZi05ZjE1LTc0NTg0YjJkNjEzYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R650 nouVanaf R585 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 RD20 Ptn 58 Doornkloof 393 JQ 0346 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.90320408762 27.471940625946
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem