Peaceful Retreat B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peaceful Retreat B&B is 'n ruim gastehuis in Bryanston wat al van 1995 aan die gang is. Dit is op 'n groot perseel geleë, met lieflike tuine, 'n tennisbaan en 'n swembad. Peaceful Retreat doen sy naam gestand, die rustige tuine en die voëllewe skep behoorlik 'n gevoel van rus.

Verblyf is beskikbaar in 4 dubbelkamers en 'n 2-enkelbedkamer. Elke ruim kamer het 'n en suite-badkamer en aparte ingange van die huis. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die gaste-sitkamer beskik oor gemeenskaplike selfsorg-geriewe. Al die besienswaardighede van Johannesburg is maklik bereikbaar vanaf die B&B. Ons is gerieflik geleë binne 2 km van die William Nicol-afdraai, naby al die groot maatskappye langs William Nicol en die omliggende paaie. Spesiale maandelikse tariewe is beskikbaar op versoek en Peaceful Retreat B&B is ideaal vir langtermynverblyf.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Peaceful Retreat B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za