Pearly Beach Garden Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heerlike ruim 2-slaapkamer, 2-badkamer tuinwoonstel met 'n see-uitsig en is loopafstand van die see af. Baie privaat en goed ingerigte kombuis om die verblyf sommer lekker gemaklik te maak. Gehalte beddegoed en handdoeke word voorsien, maar strandhanddoeke moet maar liefs saamgebring word. Vir gerieflike verblyf is dit ingerig vir 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwasse mense. Rook is verbode in die kothuis.

Daar is buitebraaigeriewe in die tuin en ook ‘n lekker tuinarea om te ontspan. Pearly Beach het heerlike swem strande en ook 'n stapstrand van 21 km. Walvisbesigtigingstoere en ook haaihokduik-ekskursies is beskikbaar in die omgewing. Hier is eetplekke en winkels in die dorp waar mens al die nodige aankope kan doen en Gansbaai is ongeveer 21 km van hier af, indien nodig.

Hier is baie besienswaardighede in die omgewing, maar as jy uitsien na ’n stil en rustige wegbreek, dan is Pearly Beach en hierdie heerlike tuinwoonstel net waarna jy soek.

Ons sien uit daarna om julle hier te verwelkom.

Slaapplek

'n Bespreking by Pearly Beach Garden Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pearly Beach Garden Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za