Hillhead Akkommodasie by Pebble Beach 221 Luxury Apartment | LekkeSlaap
+41
+41

Pebble Beach 221 Luxury Apartment

Selfsorg
  • Vanaf R1 980 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heleza Boulevard 2, Pebble Beach 221, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pebble Beach 221 Luxury Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse woonstel met 'n gedeeltelike uitsig oor die see, bos en tuin vanaf die balkon en slaapkamer. Die tweeslaapkamerwoonstel is in die Ocean Dune's Sibaya-ontwikkeling aan KwaZulu-Natal se Noordkus geleë. Dis 1,3 km vanaf Sibaya Casino and Entertainment Kingdom, 3,8 km vanaf Umdloti, 7,5 km vanaf Umhlanga en 9,8 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Dié woonstel is ideaal vir sakereisigers, met onbeperkte WiFi, en vir gesinne, met 'n slim-TV met Netflix, Showmax, DStv Now-kanale en YouTube. Gaste moet hul eie DStv-aanmeldbesonderhede hê om toegang tot die DStv Now-kanale te kry. Die woonstel het 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het toegang tot 'n aparte badkamer wat na die sitkamer lei. Dié badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die woonstel het ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea en die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Die woonstel het 'n balkon met 'n uitsig oor die rustige Hawaan-woud.

Die kompleks bied 3 gemeenskaplike swembaddens, waarvan 2 swembaddens op die dak is met sonstoele en lieflike uitsigte oor die Indiese Oseaan. Die dekke by die swembaddens op die dak bied 'n panoramiese uitsig oor die see, met gemaklike sitplek, gemeenskaplike braaiplek en is ideaal vir skemerkelkies. Daar is ook 'n Zen-piekniektuin en 'n speelpark vir kinders met 'n klimraam. Gaste het ook toegang tot 'n groot swembad op die grondverdieping met 'n waterwurm en 'n plonspoel vir kinders. Toegang tot die privaat strand is ook beskikbaar via die rustige Hawaan-woud. Die ontwykende blou duiker en gewone duiker tree ook soms te voorskyn, asook ander natuurlewe wat in die bos woon.

Let daarop dat gaste 'n vorm van identifikasie wat deur die regering uitgereik is, moet voorsien om toegang tot die landgoed te verkry en die bestuurder moet 'n bestuurslisensie hê. Die kompleks implementeer biometries-beheerde toegang en gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek. Daar is 24 uur-sekuriteitswagte wat die eiendom patrolleer en die omtrek van die eiendom word 24 uur per dag deur geslotekring-televisiekameras gemonitor.

Slaapplek

’n Bespreking by Pebble Beach 221 Luxury Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Heleza Boulevard 2, Pebble Beach 221, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 6)

Sien meer verblyf in

Hillhead KwaZulu-Natal
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 980
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heleza Boulevard 2, Pebble Beach 221, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHUKMgUZp2KlkLlRQMK9iWLEOdqwQy82vVHMTxp2g20mzJOAKEl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 980  per nag (plek vir 6) 2 Heleza Boulevard 221 Pebble Beach 4319 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -29.681525872952 31.10701363062
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za