Pebble Beach Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pebble Beach Cottage is 'n sonderlinge en ongekunstelde dubbelverdiepingeenheid in die kusdorpie Suiderstrand. Dis ongeveer 5 km vanaf L’Agulhas aan die suidelikste punt van Afrika. Die vakansiehuis is 50 m vanaf die strand en bied 'n rustige wegbreek van die stadslewe.

Dié grasdak vissermans-kothuis is aan die eienaar se hoofhuis verbind. Die eenheid het 'n privaat ingang en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Dié slaapkamers deel die badkamer wat 'n stort, wasbak en 'n toilet het.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof toegerus. Die aangrensende leefarea lei na 'n privaat patio met draagbare braaigeriewe en 'n lieflike uitsig. Perkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Suiderstrand word deur die Agulhas Nasionale Park omring. Gaste kan op die paadjies deur die fynbos wandel en doendinge soos voëlkyk geniet, asook die Meisho Maru skeepswrak besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Pebble Beach Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pebble Beach Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za