Pebble Fountain

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

"Gaste is nie van my afhanklik nie - ek is afhanklik van hulle. Gaste onderbreek nie die werk nie, hulle is die doel my van werk. Ek doen nie die gaste 'n guns deur hulle te bedien nie, hulle doen my 'n guns deur my die geleentheid te gee om dit te doen. "

Die 3-ster gegradeerde, Pebble Fountain Gastehuis is 'n unieke en luukse gastehuis wat in die boomryke voorstad van Brooklyn in die ooste van Pretoria in Gauteng geleë is.

Die gastehuis is net 200 m van die Universiteit van Pretoria af in die hartjie van die diplomatieke hoofstad van Suid-Afrika. Verder is dit naby groot winkelsentrums, gespesialiseerde hospitale en al die hoofweë wat na Pretoria lei. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net 45 minute weg.

Pebble Fountain Gastehuis is in 'n rustige en veilige area geleë.

Die gastehuis het 'n Kubaanse atmosfeer en dit bied luukse verblyf in 7 en suite-kamers met lugversorging en 2 enkelbeddens, of 'n dubbelbed of 'n koninggrootte-bed. Verder is daar nog 3 toegeruste selfsorg-eenhede met lugversorging en en suite-badkamers. Elke kamer het 'n TV, telefoon, koffie- en teemaakgeriewe, faks-/fotostaatgeriewe en WiFi in elke kamer teen R15 per dag. 'n Smullekker Engelse ontbut word bedien, gaste geniet toegang tot die tuin en swembad, daar is konferensiegeriewe vir 25 afgevaardigdes en boonop is daar nog gastegeriewe soos 'n wasgoeddiens, braaigeriewe, pendeldiens en toerbesprekings.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pebble Fountain gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 020 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za