Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pecan Farm Guesthouse

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pecan Farm Guesthouse is op 'n vreedsame plaas in 'n lowerryke vallei tussen die Soutpansberge se voorheuwels.

Daar is 4 en suite-slaapkamers met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 3 en suite-kamers met koningingrootte-beddens en 2 kamers met dubbelbeddens. Al die kamers het glasskuifdeure na die tuin. Geriewe sluit lugversorging, TV's met DStv, yskassies met voorraad, koffie, tee, internasionale kragproppe, radiowekkers en haardroërs in. Elke badkamer het 'n bad en stort. Handdoeke en toiletware word voorsien.

Gemeenskaplike geriewe op die perseel sluit 'n eetkamer vir 22 gaste in waar heerlike etes bedien kan word indien vooraf gereël. Daar is ook 'n ruim sitarea met plek vir 18 gaste. Ons studeerarea het 'n versameling boeke en alle nodige kommunikasiegeriewe soos internet.

'n Ruim braai- en kuierarea is langs die swembad beskikbaar. Was- en strykdienste kan teen ekstra koste gelewer word en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Pecan Farm Guesthouse is in 'n lowerryke tuin met skadubome waar Samango-apies kom baljaar. Die berglug is lekker vars en kroonarende word dikwels gesien. Snags sal die bosuil jou aan die slaap sus.

Ons is naby Vendaland wat ook die Land van Legendes heet, asook naby die Noordelike Bosveldstreek, die Krugerwildtuin, voetslaanpaaie in Venda en rondom Louis Trichardt, en meeste van die sakesentrums in die noordelike Limpopo-provinsie.

Doendinge op die plaas sluit voetslaan, bergfietsry op ongemerkte paaie, voëlkyk, swem en trampolien in. Louis Trichardt bied sportgeriewe en Satour bied begeleide toere. Daar is verskeie argeologiese en geskiedkundige terreine om te besoek in die omtrek. Die Vendas en Tsongas maak pragtige beeldhouwerk, potte en kleurvolle kunswerke. Van die groepe spesialiseer ook in tradisionele danse.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Pecan Farm Guesthouse
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Gaste dink Pecan Farm Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R990
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 100
R1 100 R990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsClYvRWvuVljvzDwwGFzp5oiWHoaDLT5rBtCdwnzLfckki104r?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R990 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Sterkstroom Farm Piesanghoek Road 0920 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -23.053286111111 30.090611111111