Hamburg Akkommodasie by Pelican Place | LekkeSlaap
+24

Pelican Place

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelican Place 23, Hoofweg, Hamburg, 040, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Hierdie vakansiekothuis is in die stil kusdorpie Hamburg, tussen Oos-Londen en Port Alfred in die Oos-Kaap geleë. Pelican Place bied lieflike uitsigte oor die Keiskammarivier.

Dié A-raam-dubbelverdiepingkothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank op die trapportaal tussen die twee boonste kamers. Elke badkamer het 'n stort, bad, wasbak, en toilet.

Die onderste verdieping is oopplan met 'n kombuis en leefarea. Die leefarea het rusbanke, 'n platskerm-TV met DVD-speler en 'n eetarea. Die leefarea lei na 'n houtdek met buite-meubels en ongelooflike uitsigte oor die rivier. Die hoofslaapkamer bo het 'n dek met 'n pragtige uitsig oor die rivier. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, stoof, ketel, oond, eetgerei en breekware. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die swembad is net gedurende Desember en Januarie in werking.

Die kothuis is in 'n sekuriteitskompleks met 'n swembad, privaat jetty en lieflike tuine. Die strand is stapafstand (2,5 km) van die kompleks af. Hamburg bied ook heerlike visvangplekke en is ideaal vir voëlkyk. Bring gerus jou speelgoed (fietse, motorfietse, bote, waterponies, kajaks, ens.) en baljaar in die son en die reë.

Gaste moet asb. al hulle voorraad saambring en seker maak hulle het genoeg brandstof, want die naaste vulstasie is in Peddie of Port Alfred.

Slaapplek

’n Bespreking by Pelican Place sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Pelican Place
Netheid
4.6/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Pelican Place 23, Hoofweg, Hamburg, 040, Oos-Kaap
  • Gaste dink Pelican Place het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelican Place 23, Hoofweg, Hamburg, 040, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ5MGQ3YzA0LTg2OTEtNGFhZS04NDRhLTEzZmM5ZWI2NTQ4Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 7) 5 5 1 5 23 Pelican Place Main Road 040 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.287873 27.466985
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za