Pelicans' View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pelicans' View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde woonstel op die eienaar se erf. Die woonstel is in die rustige kusdorpie, Yzerfontein geleë. Die oopplan-woonstel bied uitsigte oor die plaas en is gerieflik slegs 400 m vanaf die strand.

Dié oopplan-woonstel beskik oor 'n dubbelbed op die boonste vloer wat via trappe bereik word. Die badkamer het 'n stort en daar is 'n oopplan-kombuisie en -leefarea op die onderste verdieping. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, yskas en induksieplaat toegerus. Ander geriewe sluit sekere DStv-kanale, WiFi en Netflix in. Die leefarea lei na 'n klein stoepie met buite meubels en draagbare braaigeriewe. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.

Yzerfontein is bekend vir sy natuurlike skoonheid, ongekunstelde kuslyn, die klip- en sandstrande en meer spesifiek die Sixteen Mile beach wat tot by die Postberg Natuurreservaat strek. Gaste kan heerlik op die strand en in die natuur stap, fietsry en bergfietsry, na walvisse en dolfyne kyk binne seisoen, voëlskyk, die landskappe verken vanuit die motor, watersport geniet en die Weskus Nasionalepark besoek. Yzerfontein se klein handwerkershawe is 'n visserman se droom en is veral bekend vir sy snoek en kreef. Die dorpie bied ook 'n bakkery en 'n boetiek-brouery. Yzerfontein is sowat 99 km van Kaapstad af.

Slaapplek

'n Bespreking by Pelicans' View sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pelicans' View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za