LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pembroke 203 | LekkeSlaap
+8

Pembroke 203

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 203 Pembroke, Dock-weg, V & A Waterfront, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 499 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Pembroke 203 is in die veilige Marina-landgoed met toegangsbeheer geleë. Dit skuil in die V&A Waterfront en bied uitstekende uitsigte oor die seiljaghawe, die V&A Waterfront en op Tafelberg.

Die moderne woonstel op die tweede verdieping het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer het koninggrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 en suite-badkamers met storte en baddens. Die derde aparte badkamer het 'n stort. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in, sowel as 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi word voorsien en die woonstel het ook lugversorging en verhitting.

Pembroke 203 spog met 2 groot stoepe. Die een wat noord front het 'n onbelemmerde uitsig oor die seiljaghawe en Tafelbaai. Die een wat suid front het 'n uitsig oor die marina se kanale en die ikoniese Tafelberg.

Slaapplek

’n Bespreking by Pembroke 203 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 203 Pembroke, Dock-weg, V & A Waterfront, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 499
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 499
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 203 Pembroke, Dock-weg, V & A Waterfront, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f0d7cbf313d12b6223dae5423fd25b7e75759f9dcf1272c146a9c168cc5a2deaad0cf22c3ae31866de6b961d3167cff19eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 499  per nag (plek vir 6) 203 Pembroke Dock Road, V & A Waterfront 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -33.909180728354 18.417502310531
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!