Pembroke 207

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pembroke 207 is 'n luukse selfsorgwoonstel in die gewilde V&A Waterfront. Pembroke 207 is 'n unieke woonstel waar kunstige uitdrukkings met art-deco ontmoet om 'n luukse drieslaapkamerwoonstel te skep. Hierdie hoekwoonstel bied mooi uitsigte oor die seiljagte, oor Tafelbaai, die V&A Waterfront en Tafelberg. Pembroke 207 is ideaal vir 'n vinnige wegbreek of 'n vakansie en bied ontspanning en vars lug in 'n baie luukse omgewing.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed. Die woonstel het lugversorging en ondervloerseverhitting.

Die kombuis is met 'n mikrogolf, oond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser toegerus. Die sitkamer het 'n plasma-TV met kringklank, DStv en 'n DVD-speler. Die leefarea het skuifdeure wat na 'n balkon met buitemeubels lei.

Die woonstel word elke weeksdag, behalwe op openbarevakansiedae, skoongemaak. WiFi is beskikbaar. Toegangsbeheerde sekuriteit en onderdakparkeerplek met direkte toegang tot die woonstel word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Pembroke 207 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pembroke 207 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za