Penisola The Gorge Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

Penisola The Gorge Holiday Home bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-vakansiehuis in Danabaai, 5 km van Mosselbaai af. Die huis het maklike toegang tot die strand, sowel as 'n lieflike uitsig oor die see vanuit al 3 slaapkamers.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers wat na die balkon lei. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, 'n instapkas en 'n koninggrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n gedeelde tweede badkamer met 'n stort. Die huis beskik ook oor 'n kleedkamer, kombuis en 'n oopplan-leefarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond toegerus, en die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV.

Daar is skuifdeure, braaigeriewe, en 'n sondek. Daar is 'n motorhuis met parkeerplek vir 2 voertuie, sowel as 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Daar is panoramiese uitsigte vanaf al die slaapkamers, balkonne, sitkamer en eetarea.

Gaan stap lekker al langs die privaat strand of besoek ReedValley Wynlandgoed net 8,4 km van die huis af. Winkelsentrums in die omgewing sluit die Mosselbaai Mall, Langeberg Mall en die Garden Route Mall in. Die Pinnacle Point Casino en Gholfbaan is net 7,8 km van die huis af. Daar is 'n vulstasie net om die draai en George Lughawe is 44,8 km ver. Doendinge in die omgewing sluit sonsondergangbootritte, haaihokduik, wynproe, aarbeipluk en gholfspeel in.

Slaapplek

'n Bespreking by Penisola The Gorge Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Penisola The Gorge Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 350 per nag (plek vir 6)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za