Dullstroom Akkommodasie by PennyPinch | LekkeSlaap
+38
+38

PennyPinch

7 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Waalstraat 379, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

PennyPinch is in Dullstroom, Mpumalanga, en bied gehalte selfsorgverblyf in 'n goed ontwerpte houthuis. Die perseel is op die buitewyke van die dorp met 'n heerlike plattelandse uitsig en die verbygaande trein wat deur Dullstroom gaan.

Gaste kan vakansie geniet in 'n tri-eenheid met 'n sentrale leef-eenheid wat aan die slaapkamers gekoppel is aan elke kant deur middel van 'n houtdek wat om die eenheid vou.

Die ruim, sentrale leef-eenheid het 'n oopplan-kombuis met 'n houteiland, Daar is ook 'n wasgoedarea, eetarea en 'n sitarea met 'n TV en gemaklike sitplek. Dit het ook 'n Dover-stoof en veerplytjiebord. Gaste moet asb. hulle eie veerpyltjies saambring.

Die groot skuifdeure bied toegang tot 'n sonnige dek met gemaklike buitemeubels. Die braai-area is in die tuin.

Daar is 2 aparte slaapkamerareas, van 45 m² elk, aan beide kante van die sentrale leef-eenheid. Beide slaapkamers is ruim met en suite-badkamers met gasgeisers. Elke eenheid het linne, handdoeke, elektriese komberse. Die skuifdeure lei na hul eie stoepe.

Slaapkamer-eenheid A het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n ovaal bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Slaapkamer-eenheid B het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die TV het OpenView HD, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerders, -slimkaart en afstandbeheer saambring.

Die huis het 'n moderne alarmstelsel met gewapende reaksie.

Die huis is heeltemal ommuur en troeteldiervriendelik indien vooraf gereël.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel, waarvan 3 onderdak is. Daar is 2 aparte ingange, waarvan een geoutomatiseer is.

'n Een uur-lange skoonmaakdiens vir die sentrale leefarea is daagliks ingesluit tussen 11:00 en 12:00, uitsluitend Sondae en openbare vakansiedae. Gaste mag die uur-tydgleuf skuif om te pas by hul dagprogram. Die diens arriveer 9:00 op die dag van vertrek om te help kyk of die eenhede enige breekskade het en dat items nie per abuis agtergelaat word nie. Daar is 'n opsie om 'n volledige skoonmaakdiens met 'n bespreking vooraf te versoek wat vakansiedae, uitsluitend Kersdag en Nuwejaar, insluit.

Slaapplek

’n Bespreking by PennyPinch sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir PennyPinch
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • De Waalstraat 379, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink PennyPinch het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Waalstraat 379, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFenEtGca30UBdHQPepR07AvffERhHtZZvECCB9g3d8NyyJkjgU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 379 De Waal Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.413106838401 30.100745560822
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za