- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Union Straat, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 020 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Penryn B&B is 'n grasieuse ou huis wat sentraal geleë is in Dundee, naby al die geriewe en maklik bereikbaar. Die huis is smaakvol omskep in 'n bekoorlike en gerieflike B&B terwyl die oorspronklike Victoriaanse atmosfeer behoue gebly het.
Ons het 'n gesinswoonstel met 'n TV-leefkamer en kombuis. Die eenheid kan op 'n selfsorg- of B&B-basis bespreek word. Daar is verder 5 en suite-slaapkamers wat elk sy eie privaat ingang het. Al die kamers is smaakvol versier en het 'n DStv-boeket, yskassie, verwarmer, elektriese komberse en tee- en koffiegeriewe. Elkeen het 'n mooi uitsig op die privaat patio met sitplek buite. Ons het ook 'n WiFi-sone in die leef- en eetkamer wat gratis beskikbaar is vir gaste.
Dundee spog ook met 'n uitstekende geskiedkundige museum, so ook Rorke's Drif. Die dorp het 'n prentjiemooi 18 putjie-gholfbaan en bied muurbal, tennis, rolbal en visvang. Vir die meer avontuurlustige gaste bied die Buffelsrivier witwatervlotvaart en kanovaart. Daar is ook 'n 4x4-roete vir die vierwiel-entoesias. Die NPB Ithala Wildreservaat is 'n halfuur weg en het 'n oorvloedige voëllewe en 4 van die Groot Vyf.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 21 Union Straat, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Penryn B&B het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Dundee Battlefields KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Union Straat, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom