Penthouse @ Honky Dory

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 5 Jan 2020 tot 9 Jan 2020.

Beskrywing

Penthouse @ Honky Dory is in St Francisbaai en bied selfsorgverblyf vir 4 gaste met 'n pragtige uitsig oor die see.

Dié oopplan-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte slaapkamer met 'n stapelbed vir 2 tieners of kinders. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die kombuis het 'n tweeplaatstofie en oond, mikrogolf, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en strykgeriewe is ook beskikbaar. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met die volledige DStv-pakket, en daar is gratis WiFi.

Die leefarea lei na 'n patio met braaigeriewe, of gaste kan van die braaigeriewe in die tuin-lapa gebruik maak. Parkeerplek is beskikbaar in 'n toesluitmotorhuis.

Penthouse @ Honky Dory is net 200 m van die strand en rotsagtige kuslyn af waar besoekers kan duik. Daar is verskeie restaurante en wegneem-eetplekke slegs 1 km van ons af, en meer restaurante en winkels in die middedorp is 3 km ver. Doendinge in die omgewing sluit visvang, bootritte, seilplankry, stap en voetslaan in. Cape St Francis is net 8 km ver met besienswaardighede soos die Pikkewyn-rehabilitasiesentrum, Cape St Francis-vuurtoring en Seal Point-vuurtoring. Verskeie wildreservate is binne bereik vir daguitstappies en wildkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Penthouse @ Honky Dory sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Penthouse @ Honky Dory gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R800 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 5 Jan 2020 tot 9 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za