Somerset-Wes Akkommodasie by Pepperwood Garden Apartment | LekkeSlaap
+18
+18

Pepperwood Garden Apartment

Selfsorg
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 3)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghowe-weg, Figo-singel 1, Pepperwood Landgoed, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pepperwood Garden Apartment bied rustige selfsorgverblyf op die eienaar se perseel in 'n veilige landgoed in Somerset-Wes. Die prentjiemooi dorp is omring deur manjifieke berge en wingerde met 'n uitsig oor die blou see en sandstrande.

Toegang tot die kompleks kan slegs verkry word deur die eienaar te skakel.

Die eenslaapkamerwoonstel is op die grondverdieping van die eienaars se dubbelverdiepinghuis geleë en het slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind. Die eenheid het 'n privaat ingang en tuin. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en stort. Die enkelslaapbank in die leefarea kan 'n kind akkommodeer.

Daar is 'n goed toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die leefarea het 'n TV met DStv, genoeg sitplek en lugversorging. Ekstra geriewe sluit gratis WiFi en toegang tot 'n privaat tuin met braaigeriewe in.

Somerset-Wes is in die Helderberg, 50 km van Kaapstad af geleë en is 'n paradys vir diegene wat mal is oor natuurskoon, wyn, heerlike kookkuns en opwindende toeriste-besienswaardighede, soos Blue Rock Adventure Park en Monkey Town.

Slaapplek

’n Bespreking by Pepperwood Garden Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderbank vir 1
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Berghowe-weg, Figo-singel 1, Pepperwood Landgoed, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 3)
Vanaf R850
per nag (plek vir 3)
Vanaf R850
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghowe-weg, Figo-singel 1, Pepperwood Landgoed, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba3602dcbf926bff449ff7f8f621f2e73e9e235127ff520053bf8960aab3a89c072bcaa79a71a70c2452ffffbd1b28266b50?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 3) Berghowe Road 1 Figo Crescent, Pepperwood Estate 7130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0466069 18.8251869
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za