Perazim

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Perazim is in die kusdorpie Kleinmond geleë en bied gerieflike akkommodasie vir vakansiegangers en sakereisigers. Die eienaars, wat op die perseel woon, het 'n aparte ingang en bied 2 eenhede waarvan een slaapplek vir 3 bied en die ander slaapplek vir 6 in 3 slaapkamers bied.

Die kothuis kyk noord na die berge en beskik oor 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en handdoeke word ook voorsien. Daar is 'n laaikas en hangspasie vir klere. Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, ketel en tweeplaatstoof. Eetgerei en breekware word voorsien. Daar is 'n ontbythoekie en klein sitarea, asook 'n tafel met 2 stoele. Dit kyk oor die pragtige tuin uit. Daar is 'n skuifdeur wat na die tuin lei en die perseel het 'n veiligheidshek. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die hoofhuis het slaapplek vir 6 gaste en het 3 en suite-slaapkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Die groot kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, gasstoof en 'n oond. Eetgerei, breekware en glase is beskikbaar vir gaste om te gebruik. Daar is 'n oopplan-eetarea vir 6 mense met 'n buffet-tafel. Die gerieflike sitarea het 'n groot platskerm-TV, Blu-Ray DVD-speler en Compact DStv-pakket en 'n kaggel vir koue wintersaande. 'n Skuifdeur lei na die swembadarea buite, draagbare braai en tafel buite. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Perazim gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za