Perfect Home, Perfect Views

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Perfect Home, Perfect Views in Bloubergstrand bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike, moderne huis met 3 slaapkamers en 'n aparte woonstel op die boonste verdieping. Dis langs Blouberg se kus wat bekend is vir pragtige uitsigte, lekker strande en fantastiese vlieërbranderry- en watersport-toestande.

Dié huis is smaakvol versier en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het albei koningingrootte-beddens. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, asook 'n ontbyttoonbak. Die huis het ook WiFi.

Verder is daar 'n swembad beskut teen die wind en 'n patio met sonstoele. Die patio bied 'n pragtige uitsig en is ideaal vir skemerkelkies. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig en oorgenoeg pakplek. Die boonste verdieping is heeltemal apart en beskik oor 'n privaat ingang. Dié keurige woonstel word apart verhuur en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer en 'n oopplan-leefarea met 'n TV en WiFi. Daar is glasdeure wat oopgemaak kan word om die vars seelug in te laat. Die eenheid bied ook lieflike see-uitsigte. Die motorhuis word gedeel met die hoofhuis en die woonstel bied parkeerplek aan 1 voertuig. Oorgenoeg parkeerplek is ook buite beskikbaar.

Doodles Restaurant and Bar is stapafstand vanaf die eiendom en is 'n plaaslike gunsteling vir drankies en kos en het 'n lekker atmosfeer. Daar is ook 'n MyCiti-bushalte naby.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Perfect Home, Perfect Views gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 299 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za