Perle of Paradise Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Perle of Paradise Beach is op 'n privaat landgoed noord van die Club Mykonos-vakansieoord in Langebaan geleë. Dié eenheid is smaakvol versier met kleurvolle blindings en kunsvlyt. Dit bied onbelemmerde uitsigte op die duine en oor die veld en strandmeer. Dit is baie vreedsaam en gaste word wakker met die geluid van branders wat breek en voëlgesang. Dit is 'n paradys vir voetslaners en voëlliefhebbers.

Dié eenheid is 'n luukse, ruim grondvloerwoonstel, het 2 en suite-slaapkamers en is vir selfsorg toegerus. Daar is slaapplek vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 3 kinders, en bied 'n uitsig op die duine en oor die see. Dit is knus toegerus en het 'n ingeboude kaggel in die sitarea en 'n veranda met 'n ingeboude kaggel wat teen die wind beskut en stoepmeubels.Die eenheid is troeteldiervriendelik en het 'n beskutte tuin. Spesiale voorwaardes geld.

Linne en handdoeke word voorsien, en strandhanddoeke is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Linne en handdoeke word omgeruil en die woonstel word weekliks skoongemaak. Daar is veilige, privaat, onderdak parkeerplek op die perseel.

Club Mykonos Casino & Resort is 'n dorpie op die waterkant wat volgens 'n Griekse styl gebou is. Hier is genoeg geriewe om jou vir 'n geruime tyd besig te hou, onder andere dobbelmasjiene, 'n pont, 5 restaurante, 5 kroeë, bootvaarte, seiljagte en watersport. Langebaan se strandmeer is ideaal vir seilpankry en vlieërbranderplankry.

Slaapplek

'n Bespreking by Perle of Paradise Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Perle Of Paradise Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za