Perlemoenstraat 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Perlemoenstraat 1 is 'n gerieflike selfsorg-huis vir 8 gaste in Reebok.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers en 'n lieflike see-uitsig. Die 2 kamers op die boonste vloer maak oop op 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die oseaan. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n privaat badkamer met bad en stort. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n bababed in die tweede kamer, en dié kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort.

Perlemoenstraat 1 se boonste vloer bestaan uit 'n kombuis en 'n oopplan-leefarea. Eersgenoemde is toegerus met 'n stoof en oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, en 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is 'n tafel met 12 stoele en die sitkamer het 'n TV met DStv. En die oopplan-leefarea maak oop op 'n balkon met 'n braaiplek en 'n see-uitsig.

Die grondvloer het ook 'n see-uitsig en 2 slaapkamers. Hierdie twee kamers het elkeen 'n dubbelbed en die gedeelde badkamer het 'n bad en stort.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuis en 'n sitkamer. Die kombuis het 'n mikrogolf, stoof, yskas-vrieskas, en eetgerei en breekware. Daar is 'n TV met DStv in die sitkamer wat oopmaak op 'n geplaveide area en die tuin.

Die motorhuis het parkeerplek vir 2 motors en daar is ekstra parkeerplek op die perseel. Daar is ook parkeerplek voor die voordeur.

Perlemoenstraat 1 is net sowat 2 blokke van die strand af en lekker naby verskeie winkelsentrums.

Slaapplek

'n Bespreking by Perlemoenstraat 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Perlemoenstraat 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za