Augusta Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Augusta Lodge is 'n eksklusiewe vyfslaapkamerhuis met 3 verdiepings op 'n groot eiendom in die Selborne Park Gholflandgoed. Hier kan gaste rustigheid, luuksheid, en bowenal, privaatheid ervaar. Die tuin het 'n groot swembad met 'n natuurlike rotstuin. Verder is daar luukse meubels langs die swembad waarop gaste ure lank kan ontspan.

Die tuin het ook 'n Jacuzzi met 'n uitsig oor die omliggende woud en 'n speelplek vir kinders met swaaie en 'n trampolien.

Die ruim oopplan-sitkamer het 'n groot platskerm-TV met volledige DStv en 'n tegnologies-gevorderde klankstelsel met "surround sound" deur die hele huis. Die sitkamer lei na die biljartkamer met 'n groot kroeg-area en TV - die ideale plek vir daardie groot sportgeleenthede wat mens nie moet misloop nie. Daar is 'n eetkamertafel met 10 sitplekke wat ook bereikbaar is van die sitkamer af. Die kombuis is volledig toegerus met moderne geriewe: wasmasjien, tuimeldroër, ys/vrieskas met ysmaker.

Die voorste stoep het 'n groot braaiplek met 'n tafel en stoepmeubels.

Augusta Lodge het 5 groot slaapkamers, elkeen toegerus met 'n TV, ingeboude kaste, beddegoed en handdoeke. Die slaapkamers is pragtig versier in natuurlike skakerings met spatsels helder kleur.

Op die boonste vloer is 4 en suite-slaapkamers met 'n addisionele klein kamer met 'n stapelbed wat geskik is vir 2 kinders. Die TV-kamer op die boonste vloer het ook 'n slaapbank met genoeg plek vir 2 gaste. Die vyfde slaapkamer is op die onderste vloer en het 'n koningingrootte-bed wat direk na die swembad-area lei.

Hierdie luisterryke huis het slaapplek vir 10 gaste: Slaapkamers het 1 koningingrootte-bed, 8 enkelbeddens, 2 stapelbeddens en 1 dubbelslaapbank.

Slaapplek

'n Bespreking by Augusta Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 4 kinders
2 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Augusta Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 900 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false