Knysna Akkommodasie by Pezula Tulani, A Place of Peace CM8 | LekkeSlaap
+29

Pezula Tulani, A Place of Peace CM8

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commodore-keeromstraat 8, Pezula Gholdlandgoed, Knysna , 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Pezula Tulani, A Place of Peace CM8 is 'n selfsorgvilla op die veilige Pezula Gholflangoed in Knysna. Dié villa is die ideale basis vanwaar gaste dié deel van die Tuinroete kan verken.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad met 'n handstort, toilet en wasbak. Die ander 3 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer met 'n stort en 'n bad. Die huis het 'n kombuis met die nodige toebehore om maaltye te kook. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en daar is 'n studeerarea. Die sitarea het rusbanke, 'n kaggel en 'n TV.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en banke aan die 1 kant, en 'n buite-eetarea aan die ander kant. Die stoep het 'n paar trappe wat na die swembad lei. Daar is 'n dubbelmotorhuis vir 2 voertuie.

Gaste het toegang tot 'n bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is ook 'n vyfsterhotel op die landgoed met 'n spa, gimnasium, 'n binnenshuise verhitte swembad met 'n ouderdomsbeperking, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.

Slaapplek

’n Bespreking by Pezula Tulani, A Place of Peace CM8 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Commodore-keeromstraat 8, Pezula Gholdlandgoed, Knysna , 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commodore-keeromstraat 8, Pezula Gholdlandgoed, Knysna , 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACgdZJxGbpw6uPgfh4WfPD64gQzkNLH0NTz73Htx1OWCDOWciVL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (plek vir 8) 8 Commodore Close Pezula Golf Estate 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.065492541513 23.095142120972
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za