Phil's at The Glades
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Juweelstraat 67, Riverglades Landgoed, Randburg, 2153, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Phil's at The Glades is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige residensiële kompleks wat op die Riverglades Landgoed in Randburg geleë is. Die landgoed spog met 'n rits geriewe vir gaste se vermaak en is net 20 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe en 40 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe.
Die woonstel is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met als wat jy nodig het om kos mee gaar te maak, asook 'n wasmasjien.
Die oopplan-leefarea het 'n klein etenstafel, 'n bank en 'n TV vir mediavermaak. Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar. Troeteldiere wat goed gemanierd is word toegelaat indien dit vooraf gereël is.
Die kompleks het 4 swembaddens met lapas en braaigeriewe langs die rivier. Daar is ook 2 tennisbane, 'n vlugbalbaan, hondepark, 'n speelarea vir kinders en 'n salon net 'n paar eenhede ver. Die kompleks is troeteldier-vriendelik en het 24 uur-sekuriteit. Die landgoed spog met 'n vermaakarea met 'n klubhuis, bistro, sportskroeg en 'n winkeltjie.
Slaapplek
’n Bespreking by Phil's at The Glades sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Juweelstraat 67, Riverglades Landgoed, Randburg, 2153, Gauteng
Sien meer verblyf in Randburg Wes-Rand Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Juweelstraat 67, Riverglades Landgoed, Randburg, 2153, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom