Phoebe's 1 Bed Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Phoebe's 1 Bed Apartment is 'n ateljeewoonstel in 'n veilige woonstelgebou in Kaapstad se sakekern. Die blok bied 'n uitsig oor die welbekende Groentemarkplein en is naby allerlei ontspannings- en sakegeriewe in die middestad.

Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook ingeboude kaste en 'n elektroniese kluis. Die badkamer het 'n stort. Die oopplan-kombuisie het basiese toebehore soos 'n mikrogolf, oond en stoof, ketel en broodrooster.

Die sitarea langsaan het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n kringklankstelsel. Die gebou het 24 uur-sekuriteit en elke woonstel het sy eie parkeerplek by die gebou langsaan.

Die gebou is naby kroeë, kuierplekke, restaurante, museums, die Kompanjiestuin, sowat 1,5 km vanaf die Kunstekaap-teater en CTICC, 3,5 km vanaf die Groenpuntstadion en Waterfront, en veel meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Phoebe's 1 Bed Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Phoebe's 1 Bed Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za