Sodwanabaai Akkommodasie by Phumulani Lodge and Campsites | LekkeSlaap
+27
+27

Phumulani Lodge and Campsites

  • Vanaf R240 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die Hoofstraat, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Phumulani Lodge and Campsites is aan die Noordkus van KwaZulu-Natal geleë. Dit is tussen die natuurreservaat en die asemrowende duik- en visvangwaters van Sodwana en die lodge is omtrent 4 km van Sodwanabaai af en slegs 4 ure se ry vanaf Durban en 7 ure van Johannesburg af.

Die lodge het 6 chalets waarvan 4 van die chalets slaapplek vir 6 gaste elk het. Elke chalet het 2 slaapkamers, 'n sitkamer, kombuis en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Daar is lugversorging in die kamers. Die badkamer beskik oor 'n stort, wasbak en toilet.

Daar is 2 chalets wat elk slaapplek vir 4 gaste het. Elk van hierdie chalets beskik oor 2 slaapkamers, 'n sitkamer, kombuis en 1 badkamer. Al die kamers het lugversorging. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis en -sitkamer is goed toegerus vir selfsorg. Daar is 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, 'n oond, eetgerei en breekware in die kombuis en glasdeure maak van die sitkamer af op die houtdek met stoepmeubels en braaigeriewe oop.

Die chalets word daagliks skoongemaak. Wasgoeddienste is op die perseel beskikbaar. Daar is selfs 'n visskoonmaak-stasie op die perseel.

Ook op die perseel is daar nog 3 kampeerstaanplekke met plek vir 3 karavane met aparte badkamers vir mans en dames. Daar is ook 'n wasbak vir skottelgoed op die perseel beskikbaar asook kragpunte en 'n ingeboude braai vir elke kamp.

Die hele perseel het 'n elektriese heining en 'n nagwag vir sekuriteit.

Gewilde doendinge in die area sluit diepseevisvang en -duik, seeskilpadtoere, swem saam met dolfyne, walviskyk-pieknieks by die see, snorkel, skubaduik, vierwielmotorfietsritte, voetslaan en safari's, mikrovliegtuigvlugte, kusvisvang en voëlkyk in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 27 resensies vir Phumulani Lodge and Campsites
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Langs die Hoofstraat, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Phumulani Lodge and Campsites het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die Hoofstraat, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE5MjAwYmFlLWQzMzgtNDcyOS1hODNhLTc5ZDMyZWVkNDBjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R240  per nag (vir 2 persone) 27 5 1 5 Off Main Road Sodwana Bay 3974 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -27.522139932577 32.655159831047
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za