Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pik 'n Wyntjie Self Catering Apartment

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljoustraat 19, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pik 'n Wyntjie bied gerieflike selfsorg-akkommodasie met uitsigte oor die Kleinbaai-kuslyn. Dis stapafstand vanaf Kleinbaaihawe waar die haai- en walvisbote wegtrek.

Die selfsorgwoonstel is privaat en het sy eie ingang en toesluitmotorhuis. Die woonstel bied slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n oopplan-sitkamer en -kombuis. Die leefarea is toegerus met 'n eetkamertafel en 'n TV met DStv. Daar is 'n slaapbank in die leefkamer waarop nog 'n gas kan slaap. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaat-gasstoof, 'n ketel en 'n broodrooster. Die woonstel het 'n balkon buite met sitplek waar gaste kan ontspan en die uitsig kan geniet.

Die vissersdorpie, Gansbaai, is net 7 minute weg. Suidelike noorkapperwalvisse en witdoodshaaie kom in die Atlantiese waters van die Danger Point-skiereiland voor. Na aan Gansbaai is Deyer-eiland, die broeiplek van die brilpikkewyn, seerawe en ander seevoëls. 'n Tweede eiland, Geyser-eiland, is die tuiste van omtrent 60 000 Kaapse pelsrobbe. Die sloep tussen hierdie twee eilande is 'n trekpleister vir witdoodshaaie en staan deesdae bekend as "shark alley". Doendinge en besienswaardighede sluit haaihokduik van Kleinbaai se hawe af, die Duiwelsgat-staproete, walviskyk, Fynbos-staproete, Danger Point-vuurtoring en die Klipgat-grotte in. Gansbaai-gholfbaan is omtrent 6 minute weg geleë en daar is ook 'n verskeidenheid restaurante vir gaste om te geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Pik 'n Wyntjie Self Catering Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Pik 'n Wyntjie Self Catering Apartment
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kabeljoustraat 19, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pik 'n Wyntjie Self Catering Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljoustraat 19, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM1NDhjZjMwLWQxYWUtNDc3MC1hYzA1LWEzZTZhMDEyNjA4MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 19 Kabeljou street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.618637451299 19.350860131283