Pine Place

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Pine Place is 'n selfsorgwoonstel in die modieuse woonbuurt Kenilworth. Dit is ideaal geleë naby restaurante, kroeë, parke, Kaapstad se vernaamste winkelsentrum, privaat klinieke en 'n gimnasium. Die woonstel is ideaal vir paartjies, sakereisigers, toeriste en gesinne.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en bied slaapplek vir 4 gaste. Die woonstel is gerieflik ingerig met 'n moderne en minimalistiese ontwerp en gemaklike meubels van hoë gehalte. Daar is ook beddens van hotel-gehalte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser word vir jou gerief voorsien. Die woonstel word ten minste een keer 'n week skoongemaak, kry vars handdoeke en beddegoed en die vloere en oppervlaktes word skoongemaak.

Die leefarea het 'n L-vormige bank, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en Netflix. 'n DVD-speler (Blue-ray) met Bluetooth en kringklank, en WiFi is beskikbaar. Die woonstel beskik ook oor lugversorging en 'n toestel wat rook en koolstofmonoksied verklik.

Daar is 'n groot gemeenskaplike swembad en braai-area op die eiendom wat gaste daagliks tussen 9:00 en 19:00 kan gebruik. Kinders jonger as 13 jaar kan dié geriewe slegs onder toesig van volwassenes gebruik.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is voor die woonstel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Pine Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pine Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 R1 575 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za