Pinnacle Point Akkommodasie by Pinnacle Point Villa | LekkeSlaap
+30

Pinnacle Point Villa

Selfsorg
  • Vanaf R2 650 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golf Villa Blok 12 Eenheid 1, Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pinnacle Point Villa is ’n dubbelverdieping selfsorg-villa op die Pinnacle Point Landgoed. Dit is ’n luukse landgoed met ’n pragtige gholfbaan op ’n krans geleë is wat oor die Indiese Oseaan uitkyk. Dit is 400 km vanaf Port Elizabeth en Kaapstad en slegs ’n halfuur se ry vanaf George Lughawe. Geriewe op die perseel sluit ’n speelarea vir kinders, ’n welwees-sentrum, restaurant en kroeg, konferensie- en funksie-venue en toegang tot goue strande in.

Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n platskerm-TV. Daar is ook ’n skuifdeur in die kamer wat na die balkon lei. Die tweede en derde kamer het elk 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en ander klein toebehore. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het ’n platskerm-TV en die leefarea lei na ’n onderdakstoep met ’n meubels en ingeboude braaigeriewe. Die stoep het konsertinadeure wat na die tuin met ’n onderdak-swembad lei.

Slaapplek

’n Bespreking by Pinnacle Point Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Golf Villa Blok 12 Eenheid 1, Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golf Villa Blok 12 Eenheid 1, Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArQTK36FtubGsmyM4oUV3sKexC3xspbjvy682yYpsNaNZzPfCny?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 650  per nag (plek vir 6) Golf Villa Block 12 Unit 1 Pinnacle Point Golf Estate 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.197065867865 22.095490074622
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za