Bethulie Akkommodasie by Pitch-Up S.A. | LekkeSlaap
+29
+29

Pitch-Up S.A.

8 resensies
Rugsakreisigerslosies
  • Vanaf R200 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 84 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Adcock st, , Bethulie, 9992, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pitch-Up S.A. is in die Suid-Vrystaat in Bethulie geleë met 'n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie vir oornagreisigers of kort wegbreke. Reisigers met troeteldiere is meer as welkom.

In 1937 is die oorspronklike "Gunn home" deur die Katolieke Kerk aangekoop en deur die loop van die daaropvolgende 78 jaar is dit gebruik vir kerkdienste en opleiding vir nuwelinge. In 2015 het dit weer 'n privaat tuiste geword en die ou nonne-kwartiere, buitegeboue en sekere tuin-areas is opgegradeer om bekostigbare verblyf in die Guinea Fowl-eenheid, die Khoisan-huis en op ons kampeerterrein met 8 staanplekke te bied.

Guinea Fowl is 'n klein eenheid wat geskik is vir enkelreisigers, paartjies of jong gesinne. Dit het slaapplek vir 4 mense in 2 slaap-areas wat verbind is. Verder is daar 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n kombuisie met strykgeriewe, basiese eetgerei, breekware, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, broodrooster en 'n ketel. Daar is ook braaigeriewe buite beskikbaar.

Khoisan-huis is geskik vir 'n gesin of groep. Daar is 5 privaat slaapkamers wat elk beskik oor sy eie wasbak (4 kamers het dubbelbeddens en 1 het enkelbeddens). Daar is ook 3 toesluitbare badkamers (stort, toilet en wasbak). Dit beteken dat 'n groep hul eie aangewese badkamer kan hê. Gemeenskaplike areas bestaan uit 'n klein sitkamer, basiese DStv en 'n gemeenskaplike kombuis met strykgeriewe, basiese eetgerei, breekware, 'n mikrogolf, yskas, broodrooster en ketel. Daar is ook braaigeriewe buite beskikbaar.

Die kampeerarea het 5 staanplekke vir tente of klein, tweewiel-karavane. Daar is ook staanplekke wat reeds opgeslaan is met slaapplek vir 2 mense elk. Dikkop & Plover is die 2 safari-tente en Meerkat is die karavaan. Elke staanplek het 'n kragpunt en vrystaande braai.

"The Shack" is die kampeerarea se geriewe. Dit bestaan uit 2 toesluitbare badkamers (stort, toilet en wasbak), 'n klein sitkamer en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Daar is ook strykgeriewe beskikbaar. In die middel van die kampeerarea is daar 'n vuurpit-sirkel en 'n buitelug-opwasplek. Daar is addisionele storte en 'n toilet beskikbaar indien nodig.

Wat kan jy in die area doen/sien?
- Boereoorlog gedenktekens in en om Bethulie
- Die langste pad/spoorweg-brug in Suider-Afrika is aan die buitewyke van die dorp
- Visvang
- Kajakvaart op Bethulie-dam
- Fietsry of wandel saam met jou honde.
- Speel 'n rondte 9 putjie-gholf of besoek die Lawn Bowl Club Woensdae en Saterdae)
- 'n Aand van klavier met Benjamin Fourie kan vir klein groepe gereël word.
- Besoek die Gariepdam vir 'n bootrit of toer van die damwal.
- Besoek die Tussen-die-Riviere, Gariep of Oviston Wildreservaat
- Geniet 'n masseersessie
- Verkyk jou aan die sterre

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 8 resensies vir Pitch-Up S.A.
Netheid
3.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • 6 Adcock st, , Bethulie, 9992, Vrystaat
  • Gaste dink Pitch-Up S.A. het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 84 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Adcock st, , Bethulie, 9992, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5NzA1NzFiLTJiNTQtNDRlNS05ZGQ3LWI3ZmQzNzIxN2FjNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R200  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 6 Adcock st Rooi Dorp 9992 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.492861098115 25.97777553373
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za