+41

Plaastoe Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Off the N1, Buonapartesfontein Farm, Gariep Dam, 9922, Vrystaat
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Plaastoe Gastehuis is 'n ideale oornagverblyf op 'n werkende skaapplaas net 8 km vanaf die N1 en bied gemaklike slaapplek aan 6 gaste.

Die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en daar is ook 'n enkelbed in die sitarea. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort en bad en daar is 'n aparte toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Verder kan gaste in die sitarea ontspan en die yskas en tee- en koffiemaakgeriewe benut. Die eenheid is nie geskik vir selfsorg nie en daar is nie 'n kombuis of braaigeriewe beskikbaar nie.

Die plaas het 'n dam waarin gaste kan swem en daar is verskeie voëlspesies, sowel as staproetes wat gaste kan verken.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ané J
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige plaas wegbreek. Rustige plaas atmosfeer. Baie vriendelik en gasvry ontvang. Kinders kon heerlik op die plaas speel.
Nov 2025
Adriaan Smuts M
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n voortreflike kuier. Ons het die saligheid van die Karoo en die gasvryheid geniet.
Okt 2025
Hendrik G
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing! Een van ons beste oorslaap plekke. So stil, gasvry, en die kos was 'to die for'.
Okt 2025
Gert S
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld, skaapboud. Ervaring. Plaas atmosfeer. Gasvryheid. 10/10. Plaastoe Gastehuis was ‘n hoogtepunt op ons roadtrip. Aanwysings was maklik,...
Sien meer
Sep 2025
Wouter V
5.0
Heerlik oornag. Ons gesin het heerlik oorgeslaap en heerlik geëet op ons reis na die wildtuin toe.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Meloné Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 100

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off the N1, Buonapartesfontein Farm, Gariep Dam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Plaastoe Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Off the N1, Buonapartesfontein Farm, Gariep Dam, 9922, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa85221eacf506dc2407fa9692395cabe724ea4cfa3984916ccd75727a69499d3ecda293b4daab52de1f5b3403970a206ad04?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 4 mense 100 5 1 5 Off the N1 Buonapartesfontein Farm 9922 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -30.518274 25.653987
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang