Place of Grace

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Place of Grace is in Jeffreysbaai en bied gerieflik gemeubileerde verblyf slegs 1 km vanaf die strand.

Gaste kan die huis tydens die vakansie bespreek of die privaat kamer tydens die res van die jaar. Die huis het slaapplek vir 8 en beskik oor 3 slaapkamers in die huis en 'n aparte kamer buite, aan die agterkant van die huis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers het 'n dubbelbed en koningingrootte-bed onderskeidelik en deel 'n badkamer.

Die huis het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan in die sitkamer ontspan wat 'n TV en DStv het. Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met braaigeriewe. Daar is ook 'n plonspoel.

Die aparte kamer is toegerus met 2 driekwartbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Jeffreysbaai bied verskeie restaurante en doendinge soos branderplankry, sandplankry, valskermspring en bergfietsry. Gaste kan ook die African Dawn Wildlife Sanctuary en die Dolphin Beach Entertainment Centre besoek en nog vele meer. Vir daguitstappies kan die Addo Nasionale Park besoek word of die pragtige uitsigte by Stormsrivier of St Francisbaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Place Of Grace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R390 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za