Place On The River

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Place On The River is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 4 wat in Port Alfred aan die oewer van die Kowierivier geleë is.

Die woonstel het 2 slaapkamers met 'n oopplan-kombuisie en -sitarea. Trappe lei na die woonstel en dit is dus nie rolstoelvriendelik nie. Die een slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met net 'n bad. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die eenheid het 'n moderne, volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoofplate, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en glasware. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler. Ander geriewe sluit stil dakwaaiers, olieverwarmers, 'n digitale kluis en haardroër in. Die draagbare braai kan in die tuin of langs die rivier gebruik word.

Linne, badhanddoeke, toiletware, seep en toiletpapier word voorsien. Daar is parkeerplek vir 'n voertuig en sleepwa op die perseel agter 'n geslote hek in 'n area wat goed belig word.

Die omgewing spog met 'n groot verskeidenheid voëls, groot en klein, veral watervoëls. Daar is selfs 'n paar visvanger-spesies wat gereeld die rivieroewer besoek op soek na 'n vissie of twee.

Daar is verskeie doendinge om te geniet by die rivier en privaat jetty, soos visvang, moddergarnale pomp of roei.
Gaste het onbeperkte gebruik van 'n roeiboot met 'n enjin. 'n Komplimentêre bootvaart op die rivier of Marina-kanale is ook ingesluit. Ons is minder as 500 m vanaf die middedorp en 150 m vanaf 'n paar goeie restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by Place On The River sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Place On The River gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za