Piesangvallei Akkommodasie by Place on the River RiverClub | LekkeSlaap
+22
+22

Place on the River RiverClub

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beluga Creek 4170, The River Club, Plettenbergbaai, 6600 , Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Place on the River is aan die oewer van die Piesangrivier geleë en bied algehele privaatheid met 'n pragtige uitsig van die groen berghange. Hier sal 'n rustige stilte jou omvou wanneer jy die lieflike sonsondergange en talle voëlsoorte gadeslaan. Dit is 'n veilige kompleks met 24-uur-sekuriteit en sportgeriewe soos 'n swembad, tennis- en muurbalbaan.

Dié luukse, ruim huis het 'n zen-tuintjie en is smaakvol ingerig om aan elkeen se behoeftes te voldoen. Daar is gemaklike slaapplek vir 8 gaste.

Die boonste verdieping beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer, 'n balkon wat uitkyk op die berge en oor die rivier, 'n kantoor, 'n leefvertrek en 'n speletjieskamer.

Die grondvloer beskik oor 'n tweede slaapkamer met 'n en suite-badkamer en bied toegang tot 'n stoep en 'n tuin met 'n lieflike uitsig oor die rivier. Die ander kamer het 'n dubbelbed en die laaste een het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel 'n badkamer. Daar is ook 'n groot ingangsportaal wat na 'n woonvertrek en 'n oopplan- eetvertrek met plek vir 10 gaste lei. Voudeure bied toegang tot 'n groot stoep met braaigeriewe en sitplek vir 10 persone. Die oop tuin bied onbelemmerde uitsigte. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n opwasarea en 'n wasgoedhoekie.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir 4 voertuie en 'n enkelmotorhuis wat na die binnehof lei.

Hierdie luukse woning sal jou keer op keer laat terugkom vir 'n onvergeetlike vakansie.

Slaapplek

’n Bespreking by Place on the River RiverClub sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Place on the River RiverClub
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Beluga Creek 4170, The River Club, Plettenbergbaai, 6600 , Wes-Kaap
  • Gaste dink Place on the River RiverClub het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beluga Creek 4170, The River Club, Plettenbergbaai, 6600 , Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4NWNmM2QyLTI2NjMtNDUzZC05MDcwLWIxMzA3NjhkM2YyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 4170 Beluga Creek The River Club 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.060725887133 23.366804122925
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za