Plattekloof-Glen Self Catering Unit

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Plattekloof-Glen Self Catering Unit is 'n kothuis op die eienaar se perseel in Goodwood, Kaapstad. Dit is ideaal vir enkellopendes of paartjies wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie geriewe in die Noordelike Voorstede.

Dié privaat, gemeubileerde kothuis het 'n aparte ingang en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuisie. Daar is 'n dubbelbed in die ruim slaapkamer en die badkamer is toegerus met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuisie is goed toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, yskas en ingeboude kaste, en komplimentêre koffie, tee, melk en beskuit word voorsien. Daar is ook 'n buitebraai met toerusting en houtskool en vuuraanstekers is teen 'n addisionele koste beskikbaar.

Daar is 'n TV met plaaslike en 18 Open View-kanale. Verder is daar parkeerplek vir 1 motor op die perseel. Plattekloof-Glen is lekker naby Canal Walk, Tygervallei Winkelsentrum, N1 Stad Winkelsentrum, Panorama Mediclinic en ander geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Plattekloof-Glen Self Catering Unit sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Plattekloof-Glen Self Catering Unit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za