Plumbago Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Plumbago Cottage is gerieflik en sentraal in die rustige voorstad Vincent, naby die stad se sakesentrum, sportgeriewe en skole geleë. Ons is slegs 5 km van die pragtige Nahoon-strand af geleë en 15 km van die lughawe af. Die Vincent Park Winkelsentrum, die Selborne Laerskool en die Joan Harrison-swembad is ook binne loopafstand van die gastehuis.

Plumbago is 'n luukse tuin-eenheid waar jy so tuis soos by jou eie huis sal voel te danke aan privaatheid en gerief. Dit is ideaal vir sakereisigers, aktiewe sportmense, besoekers en toeriste. Let asseblief daarop dat ons honde op die perseel het.

Dit is 'n gemaklike plek om te ontspan en af te wen of om dit as 'n korttermyn-basis vir kantoorwerk te gebruik. Die kothuis het 'n aparte ingang, privaat tuin en 'n patio met braaigeriewe.

Ons het veilige parkeerplek van die straat af agter afstandbeheerde hekke.

Die huis is vir 1 of 2 volwassenes geskik, maar het ook slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 1 slaapkamer met 'n gemaklike dubbelbed en 'n klein en suite-badkamer met 'n stort. Die oopplan-sitkamer wat apart van die slaapkamer is het 2 slaapbanke, 'n TV met M-Net en 'n paar DStv-kanale. Daar is 'n kombuis wat goed vir selfsorg toegerus is.

Linne en handdoeke word voorsien en die eenheid word ook daagliks, Maandag tot Vrydag, skoongemaak.

Ons verstaan dat enige reisiger graag tuis wil voel en ons strewe daarna om gehalteverblyf met 'n gesellige atmosfeer aan te bied.

Langtermynverblyf kan oorweeg en onderhandel word.

Geriewe en dienste:
- Parkeerplek van die straat af agter afstandbeheerde hekke.
- 'n Swembad wat op eie risiko benut word.
- Braai.
- Gratis tee- en koffiegeriewe met aankoms.
- Televisie met N-Net en sekere DStv-kanale.
- Volledig toegeruste kombuis.
- Wasgoeddiens teen 'n ekstra tarief.
- Skoonmaakdienste.
- Geen kredietkaartgeriewe nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Plumbago Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Plumbago Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za