Point Da View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Point Da View is 'n pragtige selfsorg-chalet wat deel vorm van die Utopia Natuurreservaat in die Magaliesberge in die Noordwes-provinsie. Die natuurreservaat is sowat 100 km vanaf Johannesburg en Pretoria en bied 'n rustige wegbreek met kleinwild en verskeie voëlspesies in die omtrek. Die naam sê als: die verblyf is op 'n hoogte wat 'n pragtige uitsig verseker.

Point Da View is 'n asemrowende A-vorm grasdak-chalet wat slaapplek vir 4 gaste in 2 dubbelslaapkamers bied. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, gasyskas, oond en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die chalet het 'n buitengewone buitestort, 'n balkon bo en 'n patio op die onderste verdieping.

Utopia Natuurreservaat bied 'n gemeenskaplike braai-area, 3 swembaddens, 2 tennisbane, 'n putt-putt-baan en 'n speelterrein. Daar is ook 7 km se staproetes op die reservaat.

Slaapplek

'n Bespreking by Point Da View sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Point Da View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za