Polana Court Central Flatshare

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Polana Court Central Kloof is 'n tweeslaapkame-selfsorgwoonstel in Gardens, Kaapstad. Dié kamer is in 'n gedeelde tweeslaapkamer-woonstel en gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike oopplan-leef en -eetarea, asook 'n gedeelde badkamer en kombuis. Ons bied 1 slaapkamer vir 'n paartjie of 1 persoon wat op soek is na gerieflike oornagverblyf na aan 'n verskeidenheid geriewe.

Die woonstel is op die grondvloer geleë. Die kamer is smaakvol versier en ingerig met 'n dubbelbed. Die kamer het 'n gedeelde badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Gaste is welkom om gebruik te maak van die gedeelde leefarea en die kombuis. Die kombuis is toegerus 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof en ingeboude met eetgerei en breekware.

Die eet- en sitarea het gemaklike sitplek en lei na 'n klein binnehof. Parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir voertuie en die perseel is stapafstand van verskeie winkels, kroeë en restaurante af. Die V&A Waterfront, Groenpunt Stadion, Clifton en Kampsbaai se strande is net 'n entjie se ry van Polana Court af.

Slaapplek

'n Bespreking by Polana Court Central Flatshare sluit in:

1 x Dubbelbed

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Polana Court Central Flatshare gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R420 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za