Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Standard Eco-friendly Cottage- Pondokkie

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Fred Orban / Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 23

Jaar gelys 10

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 4 resensies vir Standard Eco-friendly Cottage- Pondokkie
Netheid
2.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.3/5
Rene O - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rene O
Gesin met klein kinders

'n Gesellige wegbreek, afgesonder in die bos, maar ry-afstand na die strand!

Alles wat jy nodig het en meer! Perfekte ligging waar familie en vriende om die vuur herinneringe bou! Bordspeletjies en legkaarte saam bou as dit reën, of daardie romantiese wegbreek, met 'n lieflike dubbelbed voor die binnebraai, en die opelugbad! Ons het selfs met die fietse gery tot by die tennisbaan, en 'n potjietennis geniet! Die uile wat jou vroegoggend groet is die hoogtepunt!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Wendy D - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Wendy D
Saam met eggenoot / lewensmaat

"If you can enjoy the simple things in life, life will always keep you fascinated”.

Ek is al 'n geruime tyd nuuskierig oor Pondokkie. Vriende van lank gelede het baie hiervan gepraat. Dit was hul gereelde wegbreekplek. So word dit toe ons ‘obvious choice’ toe ek en my man op kort kennisgewing 'n plekkie naby aan Mosselbaai soek (min tyd en petrol) met stilte. En dis wat ons gekry het. Weg van mense, privaat (1 klein huisie naby, maar hier was geen mense nie). Met sonsak hoor jy niks behalwe die suis van jou vuur en bruis van die see nie. Voëltjies hou jou geselskap van oggend tot aand. En jy bly bewus van die see se nabyheid, al kan jy nie maklik tot daar stap nie, kan jy hom goed sien. Dis lekker om die voëltjies dop te hou deur die kombuisvenster terwyl jy kosmaak - daar’s baie slim 'n badbak vir hulle opgerig. So stel geen van die uitsigte by die vensters of buitetoilet teleur nie. Jy sit sommer met die deur oop en bewonder die Melkhoutboombos. Dis regtig 'n lekker plek as jou idee van vakansie braai, sterrekyk, buite bad met warm water, boeklees/skryf, kosmaak, visvang, surf, swem, snorkel, stap op strand, sit in die son en kwaliteittyd met jou gunsteling mense is. Daar’s n baie goed toegeruste braai-area binne en buite met selfs 'n swartpot vir potjiekos. Daar’s interessante boeke op die rak, sowel as bordspeletjies. Ook kerse en lampies en ekstra gas. Hout, blitz, koffie (plunger nogal) tee, suiker en melk word voorsien. Die eienaar is ervare in die geskiedenis van die area en passievol oor bewaring. Die Oyster Catcher staproete wat hier verbygaan, is sy brein-kind. Koffie en beskuit in 'n skoon, snoesige bed met die voëltjies wat sing en die see wat bruis, om warm buite te bad, sterre te kyk, saam te lag en te speel, en tyd te hê vir resepte probeer, die hitte van die vuur te voel, was van ons hoogtepunte. O ja, en koffie by Hansie en Grietjie padstal op pad na visvang in die area se vele ‘spots’. Bring jou gunstelingmens, resepte wat jy nog altyd wou probeer, 'n boek wat jy nog altyd wou lees of skryf - of gun jouself die vryheid van net wees. Dit is 'n ou, rustic huisie wat kan doen met 'n paar verbeteringe, maar die fokus hier is op dinge van veel groter waarde as dit wat jy sien.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hendrik A - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Hendrik A
Gesin met klein kinders

Sien verder onder.

Baie lekker gekuier saam met my vrou en 2 seuns. Die plek was definitief nie skoongemaak ordentlik voor die tyd nie, paar voorbeelde: 1) Die buitebadkamer het nog tampons in asblik gehad 2) Toiletpapier was gemuf 3) Baie spinnerakke in die badkamer 4) Die vloere in die 2 slaapkamers ongelooflik vuil. 5) Die glase en kombuisborde en koppies glad nie gewas nie. 6) Spinnerakke op boekrakke. Die netheid van die plek was skokkend. Was baie happy oor die omgewing en beach. Sal nie Pondokkie vir my vriende aanbeveel nie. R900 'n aand is ook te veel, R750 per aand is 'n meer billike prys.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Morne C - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Morne C
Gesin met klein kinders

Bietjie teleurstellend.

Verder weg van strand as verwag. Huis sonder regte koelkas of vrieser vir week se verblyf het nie so lekker gewerk nie. Die huis self was vuil of altans vol spinnerakke en spinnekoppe en klein kakkerlakke. Ons het baie blikke doom gespuit en spinnerakke verwyder. Die banke is baie lank gelede geskuif en skoongemaak. Ongeveer 7 groot reën spinnekoppe uit huis en badkamer verwyder. Toilet is nie in huis en die toilet is amper self op die grond. As jy in badkamer stort raak die hele vloer nat en ruik alles na urine vir een of ander rede. Buite stort is okay maar mense kan deur die latjies sien. Dus nie aan te beveel as iemand in ander huisie bly want hulle ry dan verby die stort of as hulle gaan rondloop. Met kinders was al die spinnerakke en spinnekoppe in die huis nie so lekker ervaring. Kinders was te bang om te gaan slaap. Dus het my vrou self alle spinnerakke in die huis begin verwyder. Die beddegoed en handdoeke was skoon. Ek stel voor hulle verwyder die tafel doek en vee onder dit ook af en onder die bank maar pas op wat daar gaan uit kruip. Die badkamer moet vir seker iets aan gedoen word. Kinders het geniet om paddavissies te vang en vry te laat by klein dammetjie. Het skilpaaie gesien, bokkie, hase, voëls, kat, slang en paddas. Al was R1 000 per nag nie sleg nie kon dit skoner binne gewees en al die spinnerakke tenminste verwyder gewees het. Vertel die mense dat die badkamer buite is en dat die lig in badkamer nie werk nie. En wys of sê dat die toilet baie laag is. Gaan nie werk vir ou mense nie of mense wat nie so laag sal kan buk nie. Die fotos lyk mooi want is goed gefotografeer en laat alles groter lyk en dit lyk baie skoon. Daar is geen bed in sitkamer gedeelte. Ons sal ongelukkig nie weer by Pandokkie wil bly nie. Elke persoon is anders en tenminste volgens resensies het die ander mense dit wel geniet dus dit is goed.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Standard Eco-friendly Cottage- Pondokkie se terugvoer

Dankie vir jou eerlike teugvoer, dit help ons om ons produk te verbeter.
Ek reageer graag as volg, ons het intussen daadwerklik ogetree om jou klagtes aan te spreek.
Die hele badkamer is oorgedoen met nuwe teels en toilet en die waterlek is reggemaak.
Ons het die sitkamer banke met nuwes vervang en ook 'n kamp yskassie toegevoeg, solar vriendelik, by die groot koelboks.
Ons het ook weer 'n bedjie in die sitkamer gesit en die skoonmaakspan uitgebrei om seker te maak die spinnerakke word verwyder. Aan die reen spinnekoppe kan ons ongelukkig nie veel doen nie; Pondokkie is 'n eko-huisie in die bos en hul bly in die bos, kan jul maar net verseker hulle is skadeloos.

Standard Eco-friendly Cottage- Pondokkie
Vanaf
R1 250
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R1 250
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 250 - Buffelsfontein 31, Boggomsbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe573debf450110914e6e0e574ebac0c1aca594b31b5aed8e4fea08d81bdac59f6f8840796700fc57e5863b91704e9816c6b4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 5 mense 4 5 1 4 Portion 250 - 31 Buffelsfontein Boggoms Bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.257702 21.910863
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem