Positano Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by Positano Guest House waar jy so tuis sal voel soos by jou eie huis. Ons bied 4-ster-akkommodasie met die beste wat Queenstown offer. Ons is trots daarop dat ons ons gaste gemaklik en gelukkig hou. 'n Heerlike ontbyt word in die beeldskone eetkamer bedien en daar is 'n verfrissende swembad en 'n lieflike tuin.

Jy kan kies uit enkel- of dubbelkamers. Elke kamer het 1 dubbelbed, 'n gemaklike bank en leesstoel. Die en suite-badkamers is goed toegerus met storte of baddens en toilette met komplimentêre toiletware. Daar is ook waaiers, verwarmers, elektriese komberse, TV's met DStv-toegang, koffie- en teemaakgeriewe en yskaste.

'n Heerlike ontbyt word elke oggend in die eetkamer bedien waar jy by die hoofeetkamertafel of by die sitplekke by die venster kan sit. Die stoep is die perfekte, rustige plekkie waar jy in die oggend of aand 'n koppie koffie of tee kan geniet. Die swembad is lekker groot en nooi jou uit om in te spring. As jy klaar lekker in die swembad afgekoel het, kan jy bietjie op een van die sonstoele in die sonnetjie bak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Positano Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za