Praslin Reach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Praslin Reach is 'n selfsorghuis in St Francisbaai. Die vakansiehuis het uitstekende uitsigte oor die kanaal en toegang tot 'n privaat jetty. Daar is ook gratis WiFi, DStv, ondervloerse verhitting en 'n buitedek wat oor die privaat swembad uitkyk.

Die huis het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei slaapkamers het skuifdeure wat na die dek lei. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n platskerm-TV. Dié kamer het 'n skuifdeur wat na die balkon lei.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die opwaskamer is toegerus met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. In die eetarea is daar sitplek vir 8 en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike dek met 2 sonstoele, 'n etenstafel met sitplek vir 8 en braaigeriewe. Die dek kyk oor die swembad uit. Daar is ook 'n onderdakstoep met buite-rusbanke en 2 hangstoele.

Slaapplek

'n Bespreking by Praslin Reach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Praslin Reach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 834 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za